Die eiendomsmark wiel het gedraai!!

Volgens Leon Botha (Agent van die Maand) van Basie Botha Eiendomme is daar n defnitiewe positiewe opwaartse kurwe te bespeur in die eiendoms mark die afgelope drie maande. Alhoewel dit nie radikaal is nie voorspel hy dat die mark aansienlik gaan verbeter en daar weg beweeg gaan word van n kopersmark in die nabye toekoms.

Dit kan duidelik gesien word aan die toename van die hoeveelheid kopers wat aan die voordeur klop asook die afname in nuwe voorraad met die klem op reggeprysde eiendom. Verkopersmark het stagnant geword en klou vas aan hul bestaande eiendom.

Die afgelope vier rentekoers afwaartse aanpassings en die vooruitsigte dat die resasionere wêreldwye ekonomiese klimaat besig is om af te plat en selfs positief mag draai, is die primêre elemente waarom eienaars vasklou aan hulle eiendom.

Sou daar egter gekyk word na die afgelope maand (August 2009) se registrasies wat slegs 31 weerspieel teen R28,3 miljoen met n afname van 2 .63 persent per eenheid oor die vergelykde periode in 2008 is dit egter die laagste registrasie syfer vir 2009. Dit moet egter in konteks gesien word aangesien die werklike verkope reeds op n gemiddelde basis van drie tot vier maande gelede plaas gevind het .

Sederdien volgens Leon het verhandeling van eiendom die afgelope drie maande sporadies toegeneem asook die vraag na eiendom in die breë Nelspruit/Witrivier omgewing. Op hoorsê is dit ook die gevoel van andere agentskappe in die omgewing. Dus kan die toenemende vraag na kopers en die vermindere aanbod na goeie voorraad in die betrokke mark die beginpunt wees van n opwaartskurwe in eiendomspryse.

Dis sy mening dat die tydperk van “winskope” vir eers verby is maar dit staan egter die koper steeds vry om reggeprysde eiendom te bekom. Dus dring aan by jou agentskap op die VMA (Vergelykebare mark analise) vir die eiendom onder debat. In die verband bied Basie Botha Eiendomme eersdaags ‘n informele besprekings sessie aan wat alle voornemende verkopers en kopers kan baat en u word graag uitgenooi na die geleentheid. U moet egter voor 28 September 09 n bespreking maak. Enige navrae kan aan Leon gerig word by 0767833527.

Artikel Deur: Leon Botha

Property For Sale: All Property for Sale Mpumalanga

Developments for sale: All New Developments for Sale Mpumalanga

Real Estate Powered By CyberAgent
Disclaimer